Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Kolonel Willem Bekeer sê Lichtenburg SAPD het relatief goed gevaar in die voorkoming van misdaad vir September 2023. 
In totaal het aangemelde misdaad met vyf persent gedaal. Meer kommerwekkende misdaad is verkragting wat met vyftig persent toegeneem het, aanranding dertig persent, inbrake by besighede drie en dertig persent, bedrog honderd en vyftig persent en besigheidsroof met vyf en twintig persent.
Bekeer versoek vrouens om asseblief nie alleen in verlate, beboste areas te loop nie.

In meeste gevalle besoek vrouens Tavernes en loop laatnag alleen huis toe. Moet ook nie alkholiese drank aanvaar van vreemde persone want hulle verwag “betaling” na die tyd. Meeste van die aanrandings is alkohol verwant. Dit gebeur alhoemeer dat partye sake aanhangig maak net om dit die volgende dag terug te trek wanneer hulle sober is. Jaloesie en dwelms in verhoudings dra ook baie by tot aanrandings.

Moet asseblief nie kitsbanke (OTM’s) besoek in die nag nie. Baie van die gemeenskap koop steeds goedere wat geadverteer word en sodra die geld oorbetaal is, verdwyn die verkoper. Tydens ‘n besigheidsroof beskryf die slagoffer meestal die rowers as een lang en skraal, die ander kort en mollig (vet), probeer om die skuldige beter te identifiseer. Winkels word geteiken net voor hulle sluit.

Daar is ook opgemerk dat diewe tydens beurtkrag baie aktief is. Bekeer se dwelms dra baie by tot die pleeg van misdaad. Vir September 2023 is veertien persone gearresteer vir die besit van dwelms, dertien vir besit van vermoedelik gesteelde eiendom, elf ongedokumenteerde persone, en drie vir besigheidsroof. Een is gearresteer vir moord en drie en twintig vir aanrandings. Bekeer versoek die gemeenskap om met die Polisie, Gemeenskaps Polisieëring en Gemeenskap in Blou saam the werk ten einde misdaad hok te slaan. Bekeer sê sy boodskap is baie duidelik, “Lichtenburg behoort aan alle wetsgehoorsame inwoners en daar is geen plek vir kriminele”.