Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – ZOETMELKSVLEI - Vir baie jare het Alda van der Walt in die gemeenskap van Lichtenburg, en veral by die Vrouelandbou-unie, diep spore getrap.  Sy was vir meer as 40 jaar ‘n lid van die VLU, waarvan 21 jaar as voorsitster van die Zoetmelksvleitak.  Alda het deur die jare baie toekennings ontvang vir VLU-kompetisies waaraan sy deelgeneem het. Sy is baie veelsydig en het uitgeblink in onder andere handwerk, bak en kuns. Sy het verskeie kere die tak se toekenning vir ‘lid van die jaar’ ontvang. Sy het ook deur die jare haar man, Paul van der Walt, wat self vir baie jare ‘n leierskapsrol in die plaaslike boeregemeenskap vervul het, ondersteun in sy werk.

In September het Zoetmelksvlei afskeid geneem van Alda. Die vroue is bederf met ‘n ontbyt en daar is vir ‘n laaste keer heerlik saam met Alda gekuier.  Alda gaan saam met Paul aftree by Mosselbaai, en hulle beplan om ook te reis en ons land te verken.  Zoetmelksvlei VLU wens hulle alle seën toe op hierdie nuwe, opwindende lewensfase. Ons hoop dat hulle reise hulle gereeld nog in die omgewing van Lichtenburg sal bring!