Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER - MAREETSANE – Mareetsane VLU hou hul jaarlikse kinderspeeldag.  Die nuwe speelparkie word geopen deur Agri Mareetsane voorsitter, Wickus Dreyer en Elize Schutte - VLU Sonneblomstreek voorsitter.
Die speelparkie is ‘n jaarprojek van die Mareetsane VLU en is moontlik gemaak deur verskeie skenkings van lede van die gemeenskap. 
Die tema van herwinbare materiale word verder deurgevoer deur die kinders self. Hul het houtvorms versier met plastiek proppies en sonvangers met ou CD›s, plastiek en krale gemaak.

Hierdie items gaan die speelparkie verder verfraai en bou sodoende aan die nuwe generasie se nalatenskap. 
Vir die lekkerte was daar speletjies, ‘n boksie eetgoed en lekker warm sjokolade vir die kinders, terwyl ma’s en oumas die smaaklike eetgoed van die VLU Opwip Koffiewinkel kon geniet en saam kuier. 
Ons wil weereens van die geleentheid gebruik maak om dankie te sê aan elkeen vir hul skenkings, harde werk en ondersteuning. Mareetsane mense maak werklik ‘n goeie span!