STELLALANDER-VRYBURG: Hoërskool Vryburg is besonder trots op twee van hul uitmuntende atlete, Ané Putter en Keelan Tietus, wat die skool met trots verteenwoordig het tydens die Wildeklawer Grey Oranje Atletiekbyeenkoms wat die naweek van 18 Oktober in Bloemfontein by die Mangaung Atletiekstadion plaasgevind het.
Ané het uitstekend presteer deur derde plek in gewigstoot en vierde plek in hamergooi te behaal, terwyl Keelan die goud gewen het in die 400 m hekkies en silwer in die 400 m.
Die twee jong sterre se harde werk en toewyding het beslis vrugte afgewerp, en hul prestasies dien as inspirasie vir hul spanmaats en jonger atlete by die skool. Hoërskool Vryburg het die atlete gelukgewens en gesê dat hul prestasies die skool se naam met trots hoog hou. “Baie geluk aan hierdie twee uitmuntende atlete - julle maak VHS trots,” het die skool in ’n verklaring gesê.









