Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
24
Fri, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Die afgelope naweek (11 en 12 Oktober) het die Nasionale Fietsrykampioenskappe by die Hoërskool Merensky in Tzaneen plaasgevind, waar Laerskool Vryburg met trots hul kleure gaan wys het. 

 

Die skool het die voorreg gehad om ’n span in te skryf nadat hulle vierde in die liga geëindig het, ’n besonderse prestasie op sigself. Die spanne het op Saterdag, 11 Oktober, aan die kampioenskappe deelgeneem. Die Laerskool Vryburg-span het bestaan uit Marko van Aarde, LJ Fourie, Kenzie Gillespie, Shané Francis, Ruan Steyn, Shenique Pretorius, Mihandi Smit, Bernard van Rensburg, Chris Lambrecht, Aubrey Alberts en Juke Retief. Ten spyte van uitmergelende hitte en hoë humiditeit het die leerlinge puik gevaar, met uitstekende deursettingsvermoë en sportmangees. Ruan Steyn het met ’n merkwaardige vertoning vir Laerskool Vryburg ’n plek op die podium verseker deur derde in sy kategorie te eindig. “Ons is ongelooflik trots op hierdie groep se harde werk, dissipline en hul bereidwilligheid om altyd hul beste vir hul skool te gee,” het die afrigter gesê. Die uitslae vir 11 Oktober is as volg: Nippers o/10 dogters: Kenzie Gillespie 17de en Mihandi Smit 26ste uit 34. Nippers o/10 seuns: LJ Fourie 37ste uit 49. Sprogs o/11 dogters: Shané Francis 17de en Juke Retief 32ste uit 41. Sprogs o/11 seuns: Ruan Steyn 3de en Marko van Aarde 24ste uit 51. Sub J seuns: Aubrey 43 ste, Bernard van Rensburg 46ste en Chris Lambrecht 49ste uit 59 en Sub J dogters: Shenique Pretorius 25ste uit 39. Die uitslae vir 12 Oktober is as volg: Nippers o/10 dogters: Kenzie Gillespie (16 de), Sprogs o/11 dogters: Shané Francis (20 ste), Juke Retief (34 ste). Sprogs o/11 seuns: Ruan Steyn (7 de), Marko van Aarde (22 ste). Sub J seuns: Aubrey Alberts (40 ste), Bernard van Rensburg (46 ste), Chris Lambrecht (52 ste) en Sub J dogters: Shenique Pretorius (24 ste).