Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
24
Fri, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Vryburg se karateka’s het die afgelope naweek weer gewys waarvan hulle gemaak is tydens ’n kampioenskapstoernooi in Heidelberg, Gauteng. Al die deelnemers het met medaljes huis toe gekom, ’n bewys van die hoë standaard van karate in die dorp. 

Vir die derde agtereenvolgende keer het Vryburg ook die “Junior van die Dag”-trofee ingepalm. Hierdie keer is die eer aan Duan Oosthuizen toegeken vir sy uitstekende vertoning. Die uitslae vir die dag was as volg: Rabi Tlhaole (1 goud,1 silwer), Gofa Mothusi (2 goud,1 silwer), WJ Fourie (2 goud,1 silwer), Warona Kuntwane (1 silwer,2 brons), Muneeb Awan (2 silwer,1 brons), Duan Oosthuizen (2 goud,1 silwer) en trofee vir Beste Junior van die dag, Ruan Oosthuizen (3 goud,1 silwer) en Ookame Tlhaole (1 silwer). Die afrigters en ouers het hul trots uitgespreek oor die karateka’s se toewyding en spanwerk. “Hulle werk ongelooflik hard, en die resultate wys dit,” het Sensei Gert gesê.