Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
02
Fri, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-BLOEMHOF: Die Bloemhof-tak van die Vroue Landbou-unie (VLU) het op Dinsdag, 22 April 2025, ’n kreatiewe en leersame vergadering gehou toe Tienie Lewis ’n werkswinkel in mosaïekkuns aangebied het. 
Mosaïek is vanjaar een van die kompetisiekategorieë, met die fokus op die maak van potstaanders. Tienie het self al die teëltjies aangekoop en die potstaanders laat vervaardig volgens die spesifieke groottes wat benodig word. Sy het aan die lede ’n alternatiewe metode gedemonstreer om die mosaïekstukke aan te bring, anders as die gebruiklike direkte plakmetode.


Hierdie nuwe tegniek maak dit makliker om foute vinnig reg te stel, wat groot byval gevind het onder die lede. Die lede het met groot opgewondenheid deelgeneem, insluitend voorsitter Cornelia Saaiman wat dadelik hand aan eie mosaïekprojek gesit het. Tienie het ook ’n pragtige spieël, wat sy jare gelede gemaak het, as inspirasie aan die groep gewys. Die oggend is afgesluit met heerlike verversings en lede het onder mekaar resepte uitgeruil vir die lekkernye wat bedien is. Die volgende vergadering vind plaas op 13 Mei, waar een van die lede gaan demonstreer hoe om poffertjies te maak. Belangstellendes is welkom om in te skakel. Kontak gerus Cornelia Saaiman by 083 355 9076 of Tienie Lewis by 082 335 3933 vir meer inligting.