Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
02
Fri, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: In die vroeë oggendure ongeveer 03:30 op Saterdag, 26 April, het ‘n vragmotor chaos gesaai, toe dit met groot spoed by ‘n tweedehande motorhandelaar, Blue Diamond Motors, in Markstraat, Vryburg ingejaag het.

 

 Willie du Preez, eienaar van die besigheid, is omstreeks 04:00 deur ‘n sekuriteitswag gekontak met die nuus van groot skade by sy onderneming. Willie en sy gesin het dadelik na die perseel gehaas, waar hulle ‘n toneel van verwoesting aangetref het. Volgens ooggetuies het ‘n Ford Ranger vanaf Markstraat in Frenchstraat probeer indraai toe die trok, wat vermoedelik teen hoë spoed in Markstraat in ‘n westelike rigting van die brug se rigting gekom het, die Ranger getref en teen Blue Diamond se heining vasgestamp het. 
Die bestuurder van die Ranger het glo op die toneel weggevlug. Die impak van die vragmotor wat die besigheid met baie voertuie getref het, was verwoestend. Minstens 10 voertuie is erg beskadig, waarvan dit heeltemal afgeskryf is. Een motor is so diep in die besigheid se kantore in gestamp, dat die gebou groot skade opgedoen het. Die waarde van die skade aan voertuie alleen beloop miljoene rande. Daarbenewens is die besigheid se mure, omheining, afdakke, kantoortoerusting, elektrisiteit, sekuriteitskameras en Wi-Fi vernietig, wat besigheid baie bemoeilik en ‘n ernstige veiligheidsrisiko vir kliënte geskep het. Volgens du Preez sal dit minstens ses maande neem om moontlik finansieël te herstel. Hy bly egter hoopvol en is vasberade om sy besigheid voort te sit ondanks die terugslag. Gesprekke is reeds gevoer tussen du Preez en die eienaars van Idwala (die vragmotor maatskappy) oor moontlike oplossings om die skade aan te spreek.
 Die SAPD ondersoek steeds die voorval. Intussen doen video’s wat op sosiale media versprei word, die ronde, waarop die dramatiese tonele van verwoeste voertuie en ‘n trok wat diep in die perseel vasgesteek is, gesien kan word. Genadiglik is daar geen beserings aangemeld nie.