Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

BRITS POS - BRITS - Die opgedateerde lys van noodnommers in die omgewing is:
24 uur Sekuriteitsmaatskappye - ADT/ Fidelity: 086 121 2507 / 086 121 2400, Chaka: 078 889 2436; Monitor Net: 086 176 7633, PPS: 012 252 4024.
Ambulans - Provinsiaal: 014 597 6600/1. Brits: 012 250 2222. Ander: HEMS: 082 695 1240, Netcare 911: 082 911 / 082 255 8445. Bakwena Nood: 080 225 9362. ER24: 086 000 4357/079 440 6668.
Brandweer – Brits: 072 741 4560 / 012 250 2222 / 012 250 2127. Harties: 012 305 3333. 

Read more …Noodnommers in Brits en omgewing

BRITS POS – BRITS - Ter voorbereiding op ‘n begrafnisdiens wat ek ‘n paar jaar gelede moes waarneem, het ek die gedig van Linda Ellis, “The Dash”, raakgelees. 
Met die aanvanklike lees daarvan het ek besef dat twee dinge gewoonlik my aandag trek wanneer my oë vir die eerste keer op ’n grafsteen val: die geboorte- en sterfdatum. Daarna gebeur dit half natuurlik dat ek ’n som in my kop maak om vas te stel wat die persoon se ouderdom was ten tye van hul dood, en of die persoon na my mening ’n vol lewe gehad het al dan nie. Die ander inligting op die grafsteen was bloot bykomend, totdat ek “The Dash” gelees het.

Read more …BELEEF DIE WARE PAASBOODSKAP - Tussen ons geboorte en sterfte moet ons mooi lewe – soos Jesus dit...

BRITS POS – PRETORIA - Op Saterdag, 5 April, het oud-Koevoete by hul monument op die Voortrekkermonument-terrein bymekaargekom om hulle lofryke bestaan te herdenk.
Koevoet is in 1979 in die lewe geroep en tydens die Suid-Afrikaanse Grensoorlog as ’n spesiale teeninsurgensie-eenheid van die Suidwes-Afrikaanse polisie (SWAPOL) ontplooi. Tot en met 1989, toe die oorlog beëindig is, het Koevoet ’n gedugte mag geword om mee rekening te hou toe hulle honderde opsporings- en vernietigingsoperasies teen die People’s Liberation Army of Namibia (PLAN) uitgevoer het.

Read more …Só onthou Koevoete hulle tyd van glorie

BRITS POS – BRITS – Daar is ‘n hond, Lucky wat spreekwoordelik met sy stert in die botter geval het. Begin Februarie het Roxanne Wolmarans ‘n verwaarloosde hond in Elandrand opgemerk en die volgende oggend was die hond by die vulstasie in Elandsrand. Roxanne het twee brode gekoop, wat sy neergesit het, want die hond was te bang om naby haar te kom, maar op ‘n afstand het sy gesien hoe hy die brode verslind.

Read more …Lucky vind die beste blyplek

Die Soetdoringgeleentheidsfonds, onder leiding van Elsa Lourens, het verlede maand met ‘n Kospakkie-projek in Sonop begin om mense in nood by te staan.  Dié projek, met die onbaatsugtige hulp en ondersteuning van verskeie besighede en individue in die omgewing, het die afgelope maand van krag tot krag gegaan. Aanvanklik is daar beplan om kospakkies aan 72 behoeftige gesinne te gee.

Read more …Kospakkies verlig die nood

More Articles …