Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Die NG Kerk Sanddrift bied Saterdag, 3 Mei die jaarlikse Bosveld Vleis Fees op die kerkterrein, ongeveer 25km buite Brits op die R511Thabazimbi-pad aan en dit beloof om ‘n bielie van ‘n fees te wees. Hekke open reeds 08:00.

Vanjaar is die sesde keer wat dié fees plaasvind en volgens die organiseerders gaan dit beslis groter en beter as voorheen wees. Soos die naam sê gaan dit ‘n fees van vleis wees wat teen billike pryse verkoop sal word. Vleisverkope begin 09:00. Groot uitstallers, soos Landini en Toyota gaan van hul top produkte uitstal. 

Daar kan heeldag tussen ‘n groot verskeidenheid stalletjies rondgesnuffel word, terwyl die jongspan hulle met boeresport en ander kompetisies kan besig hou.  In die “Hapteek” kan daar ‘n yskoue lafenis vir die keel gekry word en vir die honger magies is daar die heerlikste boerekos en ander eetgoed beskikbaar. Groot winskope kom onder die hamer tydens die veiling wat 16:00 begin.
Deur die loop van die dag gaan die kunsternaars, Jeanette Pretorius, Irene-Louise van Wyk, Pieter Smith, asook Hennie de Bruyn en Kitaar Kêrels, vermaak uit die boonste rakke verseker. Kom in jou kakies en geniet ‘n volwaardige boeredag. Toegang is gratis. Geen koelbokse word toegelaat nie. Vir meer inligting, skakel Johan by 082 829 0869.