Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Almal word uitgenooi om eerskomende Saterdag, 21 Oktober Brits se Eeufeesviering by Laerskool Brits te kom vier.
Maar dit is nie al nie, ‘n nuwe monument word onthul en ‘n klipstapel word opgerig waarin ‘n tydkapsule begrawe word wat eers oor 50 jaar oopgemaak sal word en elkeen kan ‘n ronde klip, nie groter as jou vuis nie, waarop jou naam geskryf is, saambring wat in die klipstapel geplaas word.

Bring jou vriende, familie en selfs jou buurman saam om hierdie belangrike historiese oomblik te herdenk! Sien jou 10:00 by Laerskool Brits waar pastoor Collin Veldman die opening en Barry Müller, FAK -kultuurkoördineerder die verwelkoming sal waarneem. En daar is meer – Rob Milne is die spreker en dan is dit tyd vir die plasing van die tydkapsule en oprigting van die klipstapel, waarna prof Fransjohan Pretorius ‘n woord gaan spreek en dan word die Brits 100-jaar-herdenkingsmonument onthul. Na afloop van die verrigtinge is almal welkom om saam die twee belangrike erfenisbakens rondom Brits te besoek.
Moenie die geleentheid misloop nie!
Vir navrae kan Lanel Coulter-Roos by 082 466 8120 geskakel word. (Foto’s verskaf)