Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS - Die FAK vier hierdie jaar eeufeesviering saam met die Brits-gemeenskap en daarom het ons besluit om ’n erfenisgedenkmuur op te rig vir hierdie geleentheid.
 Op die muur kom daar ’n erfenisbakenskaart van Brits asook ’n gedig oor Brits self. Ons het besluit om ’n kompetisie te loods vir die beste gedig oor Brits wat op die muur geplaas sal word.
Hierdie kompetisie is slegs oop vir leerders wat skoolgaande is en in Brits bly. Die kompetisie sluit op 14 Oktober 2023.

Die wenner sal telefonies gekontak word en op sosiale media verskyn teen die 16de Oktober. Hou asb. die FAK se sosialemediaplatforms dop vir die aanwysing. ’n 100 jaar, waar Brits nou staan, word gevier en word beaam deur die oprig van ’n erfenismuur oor unieke erfenis net te vinde hier. Saam daarmee, ’n kompetisie begin oor die beste gedig, met woorde soos min; oor Brits as dorp en die mooiheid daarvan – kom vat nou die kans en wen as jy kan.Vir skoolgaande kinders, tot 18 jaar oud, ‘n kans van ’n leeftyd; so kosbaar soos goud. Verewig jou naam in die geskiedenis nou en word saam met die gedenkmuur vir die toekoms behou. Met ’n R1 500 op die spel moet jy maar begin om die dae af te tel, want op 14 Oktober, gaan die inskrywings sluit en jy’s dalk ’n plek in die geskiedenis kwyt. Want die beste gedig kom ook op dié muur: op 21 Oktober, wanneer ons Brits 100 vier. So, gryp nou die kans, skryf in en vra vrae by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.