Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Meer as 110 pasiënte word tans deur Brits/Hartbeespoort Hospice versorg en die twee vroue aan die stuur van sake, Lynnette Janse van Rensburg en Rose Moime, is elke dag op hul pos en tot diens van die gemeenskap.
Hospice is ‘n gespesialiseerde vorm van mediesesorg wat daarop gemik is om versorging te bied en pasiënte, met lewensbeperkende siektes, se lewenskwaliteit te help handhaaf.
Daar is pasiënte in Brits, Hartbeespoort, Damonsville, Bokfontein, Sonop, Oukasie en Bethanie.

Tydens die onlangse Wêreld Vigs-bewustheidsveltog in Brits, het Lynette en Rose daarop gefokus om die gemeenskap te motiveer om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf, vir die nodige toetse te gaan en om hulle in te lig van medikasie en behandelings wat by klinieke beskikbaar is.
Hospice se diens (pasiënte wat met kanker, HIV/AIDS en tuberkulose gediagnoseer is) en palliatiewe sorg (’n benadering wat die lewensgehalte van pasiënte en hul gesinne verbeter wanneer iemand ’n lewensbedreigende siekte het), is gratis.
Lynnette en Rose doen tuisbesoeke aan pasiënte en families, help met medikasie, gee kospakkies waar die nood die hoogste is en gee leiding tydens die aktiewe ondersteuningsggroep in Damonsville.
As bestuurder van Brits/Hartbeespoort Hospice het Lynnette ‘n groot uitdaging met finansies. Hospice kry geen finansiële bystand van die staat nie en is dus uiters afhanklik van finansiële skenkings en donasies. 
Met donasies en finansiële ondersteuning kan hulle ‘n verskil in mense se lewens maak. Vir meer inligting oor Hospice asook skenkings, skakel Lynnette by 083 536 6997 of Rose by 066 046 4072.