Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – PRETORIA - 500 broodbome wat geskenk is, blaas nuwe lewe in die erfenis by die Voortrekkermonument.
Ongeveer 200 volwasse broodbome en 300 saailinge is binne drie jaar by die Voortrekkermonument aangeplant, te danke aan die Broodboom Trust.
Die Broodboom Trust het sedert 2020 ’n samewerkingsooreenkoms met die Voortrekkermonument aangegaan. Gedurende die pandemie het baie mense navraag gedoen oor wat met hulle broodbome gedoen kan word as hulle sou trek.  Daar is besluit om ’n Broodboom botaniese tuin te skep aan die westekant van die Voortrekkermonument.

Eerstens moes die terrein skoongemaak word om dit meer toeganklik te maak vir besoekers en ook om die broodbome en ander plante te kon aanplant. Die Broodboom botaniese tuin se sukses kan toegeskryf word aan samewerking. Die eerste skenking wat gemaak is, was deur Sonja Creighton van Groblersdal. Sy het ’n groot trok kompos gestuur wat ’n groot verskil aan die harde grond gemaak het. ’n Skenking vir dekgras is ook gemaak wat die grond meer vrugbaar en vogtig maak. Die erdwurms en termiete help ook om ’n ekoklimaat te skep.
“Die skenkers wat hulle broodbome skenk, is spesiale mense, aangesien dit partykeer ’n emosionele skenking is, met baie herinneringe wat daaraan gekoppel is, soos geboortes, sterftes, ‘eerste huis koop’ en meer,” sê Tilania du Preez, voorsitter van die Broodboom Trust. Martin Slabbert en Jurie van der Walt (vrywilligers) werk elke Woensdag in die tuin en maak seker dis netjies en word onderhou. Dié twee se vrouens het hulle oortuig om die werk te doen nadat hulle ’n braai saam met Tilania gehad het. Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK en die Voortrekkermonument, is trots op die ontwikkeling. “’n Held in die diepste  betekenis van die woord is diegene wat hulle lewe gee vir ander. 
 Daar is geen groter liefde as dit nie. Hier aan die westekant op Monumentkoppie, waar die Broodboom Trust die tuine versorg, staan gedenkmure, opgerig vir helde wat die hoogste offer gebring het. 
Elke mooi tuin en elke boom wat geplant word, is soos ’n krans vir hulle,” sê Langner. Ondersteun die Voortrekkermonument deur ’n skenking te maak vir die Broodboom botaniese tuin.  Gaan besoek die Broodboom Trust se Facebookblad vir meer inligting https://www.facebook.com/p/Cycad-Trust-Broodboom-Trust-100071104714589/ of stuur ’n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..