Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Die eerste byeenkoms van Floret Blommeklub se lede het op 18 Januarie plaasgevind en daar was interessante ontwerpe met die tema “Rapsody in Blue.”
Die demonstrasie was deur Sinie Otto, voorsitter van die klub aangebied en sy het op lyne en vorms gefokus.
Aan kreatiewiteit was daar geen tekort nie en algemene items in die huis, motorhuis en uit die tuin is in die ontwerpe gebruik. Lede se ontwerpe het die tema “Rapsody in Blue” perfek uitgebeeld.

Ontwerpe was gekenmerk deur kombinasies van verskillende elemente wat saam in harmonie gerangskik is en ‘n gees van vryheid uitgebeeld het.
Donderdag, 15 Februarie, het die lede weer in die kerksaal van die Hervormde Kerk (regoor die munisipale kantoor) vergader en die demonstrasie is deur Lynn Moll hanteer. Die opdrag -  “Kleur en Patroon” was baie inspirerend.
Floret Blommeklub se byeenkomste is elke derde Donderdag van die maand om 13:30 by die Hervormde Kerk. Nuwe lede is altyd welkom. Skakel Ansie Roos by 083 260 9593 of 
Sinie Otto by 082 830 0684 vir meer inligting.