Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – ‘n Baie interessante werkwinkel word volgende Donderdag, 16 Mei, by Floret Blommeklub aangebied en alle belangstellendes is welkom om dit by te woon.
Die tema is Displacement (verplasing) en twee van die lede, Sinie Otto en Lynn Moll gaan demonstreer hoe om ‘n ou wynbottel in ‘n prag-ontwerp te omskep.

Om van die werkwinkel ‘n sukses te maak, is die volgende benodighede belangrik om saam te bring: ‘n wynbottel, skerpbek-tangetjie, sysnyer (side cutter), plastiek kabelbinders, gom en ‘n maatband of liniaal. Blomme en ander benodigdhede sal tydens die werkwinkel te koop wees. Die werkwinkel vind in die kerksaal van die Hervormde Kerk Hartbeespoortgemeente in Brits (regoor die munisipale kantoor) om 13:30 plaas. 
Nie-lede betaal slegs R70 en heerlike verversings en tee sal na afloop van die demonstrasies bedien word.
Vir meer inligting, skakel Sinie Otto by 082 830 0684.