Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Die pragtige Britsie, Monique Best, was een van agt vroue landwyd wat vir die tweede seisoen van die gewilde VIA-reeks Houvrou of Trouvrou-program gekies is en algeheel derde geëindig het.
“Dis was ‘n wonderlike ervaring. Dit was 10 dae wat gevul was met emosies, humor en natuurlik die daaglikse en verrassende uitdagings,” vertel Monique. “Vandag se modern trouvrou se hande moet letterlik vir niks verkeerd staan nie en sy moet ‘n rolmodel én steunpilaar vir haar man en gesin kan wees.”

Monique is in Pretoria gebore waarna sy in George haar skoolloopbaan voltooi het. Sy het haar droom man, Johan Mitchell van Brits, meer as vier jaar gelede ontmoet en toe (en steeds) smoorverlief, na Brits verhuis. 
In Brits het sy gewys dat sy nie net ‘n mooi gesiggie het nie, maar ook ‘n dinamiese besigheidsvrou, nadat sy haar eie meubelbesigheid, Best Furniture in Brits geopen het.
Alhoewel Johan lankal geweet het dat Monique sy trouvrou is, het hy na die reeks, hoog in die lug op sy knieë gegaan en haar gevra om sy vrou te wees. 
“Dit was ‘n onvergeetlike oomblik daar bo in ‘n lugballon, met ‘n spesiale man wat op daardie oomblik al my drome waargemaak het,” sê sy.
“As ek terugkyk na my tyd op die kassie, dan weet ek dat die son vir elkeen van ons skyn en dat elke vrou ‘n sterk lig binne haar het, wat helder kan skyn as sy daarop fokus. Geluk is nie ‘n toeval nie, dis ‘n keuse en almal verdien om gelukkig te wees,” sê sy.
Die troudatum is nog nie bekend nie, maar Monique en Johan tel letterlik die “slapies” af.