Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Vir Crista van Zyl was dit ‘n roeping om haar doktorsgraad (PhD) in Christelike Teologie te verwerf en op 2 Desember het sy met vlieënde vaandels haar doel bereik en die graad in ontvangs geneem.
*PhD: ‘n Doktor in Filosofie is een van die hoër vlak akademiese grade wat toegeken kan word. Tradisioneel verwys die term ‘filosofie’ nie na die onderwerp nie, maar die oorspronklike Griekse betekenis wat direk vertaal word na “liefhebber van wysheid.” Crista (59), ‘n Britsie in murg en been, was vir 38 jaar in die polisiediens en het as luitenant-kolonel by Menslike Hulpbronne uitgetree.

Haar roeping om die studierigting aan te pak het haar oor nege jaar op ‘n insiggewende reis van kennis en wysheid geneem.
Crista het in 2014 by ‘n Bybelskool in Brits aangesluit en gou het haar passie en honger na nóg kennis daartoe gelei dat sy met groot sukses drie Baccalaureus Artium (BA)-grade (Profeties, Apostolies en Teologie) voltooi het.
Daarna het sy haar honneurs- en meestersgraad in Teologie by ‘n universiteit in Johannesburg voltooi en uiteindelik het haar groot droom om haar doktorsgraad te doen, ‘n werklikheid geword.
Onder die bekwame mentorskap van dr Anke Brand het Crista by St Clements-universiteit haar doktorsgraad in Christelike Teologie met die indrukwekkende tesis, An Exposition of Man Limiting God by Not Embracing Poverty of the Spirit from A Philosophic, Theological Christian Perspective behaal.
“Om die mylpaal te kon bereik was vir my ‘n groot voorreg en ‘n merkwaardige persoonlike reis,” sê Crista. “Die ondersteuning van my ouers, Ferdie en Elsa van Zyl asook my broer, Ferdie (jnr) het dit vir my moontlik gemaak om sukses te behaal.”
“Dit is my groot hartsbegeerte om al die kennis wat ek bymekaar gemaak het met mense, tydens werkswinkels en seminare te deel,” sê Crista.