Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Koersvas Voortrekker Kommando se besige program vir
die jaar skop Woensdag, 24 Januarie vanaf 17:00 by Laerskool Olienpark, met die kommando se immergewilde Waatlemoenfees af.
Daar sal honderde waatlemoene wees om aan te smul en soos in die verlede gaan daar weer groot pret met die “gesmeerdery” wees. Alle Laerskool-leerlinge is welkom.

Die Voortrekkers is ‘n Christelike jeugorganisasie wat ten doel het om die Afrikaner jeug toe te rus om moderne Afrikaners, positiewe burgers, konsekwente Christene en dienende leiers in die gemeenskap, deur middel van kultuur en avontuuraksies in die natuur, te wees.
Belangstellendes wat deel van die Voortrekkers se doen en late wil wees, kan die kommando-leier, Annamé Wolmarans by 083 231 1113 skakel.