Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – PRETORIA - Vanjaar vir die eerste keer ooit sal die mense wat Geloftedag, 16 Desember by die Voortrekkermonument bywoon, se name opgeteken word. 
“Vanjaar is ’n spesiale Geloftejaar, want dit is die 185ste gedenkjaar van die Groot Trek en die Gelofte,” sê dr. Danie Langner, besturende direkteur van die Voortrekkermonument. 

Mense wat beplan om Geloftedag op 16 Desember by te woon, kan hul hele gesin se name op die Voortrekkermonument se webblad gaan registreer. Hierdie name sal in die argief opgeteken word en in ’n tydkapsule kom wat weer tydens die 200ste gedenkjaar van die Groot Trek oopgemaak sal word. “In 2022 het ons 44 mense vir Geloftedag by die Voortrekkermonument verwag, maar 20 000 het opgedaag, daarom hoop ons hierdie jaar vir 44 000 mense!” sê Langner. 
Geloftedag op 16 Desember is die hoogtepunt van die jaar by die Voortrekkermonument, na die Gelofteweek-feesvieringe wat vanjaar van 8-16 Desember plaasvind. 
“Ons wil kyk om hierdie jaar die grootste, geskiedkundigste Geloftedag by die Voortrekkermonument aan te bied en enige Afrikaner of lid van die publiek sal nie spyt wees om die dag mee te maak nie. Ons gaan die lys van besoekers deel maak van die geskiedenisboeke deurdat ons dit in ons argiewe gaan bêre, sodat dit in die geskiedenis kan voortleef,” sê Henk Maree, bedryfshoof van die Voortrekkermonument. 
Die hekke open reeds om 06:00 vir die publiek op 16 Desember en die verrigtinge sal weer by die Amfiteater plaasvind soos in 2022. Die Voortrekkermonument is tot 14:00 gratis beskikbaar vir mense. “Op 16 Desember sal hier kosstalletjies, asook genoeg water en koeldrank     te koop vir die publiek wees. Dit sal ’n ongelooflike ervaring vir die hele familie wees om ons te besoek en saam met ons die Gelofte te herdenk,” sê Maree. 
Maree wil mense ook aanmoedig om hul kaartjies vir die Gelofteweek te koop. 
“Dit is die beste Gelofteweek-program wat nog aanmekaar gesit is, wat oud en jonk sal vermaak. Ons nooi mense van naby en ver om hierdie week saam met ons te kom geniet,” sê Maree. 
Registreer hier vir Geloftedag: https://vtm.org.za/gelofteweek-2023/