Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS- “Die rooistinkhout, Prunus Africana, is een van Suid-Afrika se beskermde boomspesies,” vertel Henry Francis, voorsitter van Pilanesberg Dendrologiese-vereniging.
“Die besondere boom kom vanaf die noorde van Zimbabwe tot in die suide van die Oos-Kaap voor. Die rooistinkhout is nie familie van die witstinkhout, Celtis Africana, nie. Hy groei in immergroen bergwoude en klowe, meestal in die misgordelgebiede. “Hy kom ook plek-plek voor in die Magaliesberg, maar as gevolg van die stroping van die bas vir medisinale gebruike, is hy nou ‘n baie skaars en seldsame boom. Indien jy hom sou raak loop in die Magaliesberg kan jy jouself baie gelukkig ag,” sê Francis.

‘Na vele uitstappies in die Magaliesberg, het die boom ons bly ontwyk alhoewel ons altyd op die uitkyk is vir die rooistinkhout. Met die hulp van ‘n vriend van Pretoria se dendrologiese vereniging, wat die berg goed ken, het ons uiteindelik op drie mooi rooistinkhoute afgekom in ‘n versteekte klofie. Dit was defnitief een van ons grootste boomvondse. Hopelik kan die bome weggesteek bly vir die stropers van die bas,” sê Henry.
Dis ‘n klein tot groot immergroen boom met enkelvoudige, getande blare wat afwisselend groei. Wanneer die blare gekneus word, is daar ‘n amandelgeur teenwoordig. Sy Engelse naam is daarom ook die African almond. Die bas is dik, grof, donkerbruin tot feitlik swart. Wit blomme word in lang vertakte trosse gedra. Die persbruin steenvrug is sowat 10mm in deursnee. Sy hout word soms vir meubels gebruik en die bas word algemeen in tradisionele medisyne gebruik. Talle ouer bome word vernietig omdat hul geringbas word en daarom staar die boom uitwissing in die gesig.
Voëls is baie lief vir die boom se vruggies en ook om nes te maak daarin. Hy word in parke en tuine geplant as ‘n ornamentele boom. Hy het ‘n vinnige groeitempo van tot een meter per jaar onder goeie omstandighede, maar is nie bestand teen droogte en swaar ryp nie.
Indien lesers interessante boomnavrae het, kan ‘n kort teksboodskap na 082 730 6580 of ‘n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. gestuur word.