Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – MOOINOOI - Laerskool Elandskraal se skoolkoerant, die ‘Snuffelskraal’ het weer sy verskyning gemaak na agt jaar. 
Sosiale media was hoofsaaklik die oorsaak dat die koerantjie ‘n stille dood gesterf het.
Me. Janine van Wyk, redakteur, sê dat dit haar droom was om die koerant terug te bring vandat sy by Elies begin het, maar dat die ‘Snuffelskraal’ nou ‘n nuwe baadjie aangetrek het.

Waar die ou koerant se redaksie hoofsaaklik uit onderwysers bestaan het, word graad sewe-leerders gebruik as joernaliste en fotograaf. Daar is dus ‘n opvoedkundige aspek tot die koerant en ‘n liefde vir joernalistiek word gekweek. Die koerant se fokus is ook nie slegs op top-prestasies nie, maar berig ook oor akademiese- en sosiale aktiwiteite. “Net soos ‘n boek in die hand, sal sosiale media nooit ‘n gedrukte koerant kan vervang nie,” meen me. Van Wyk.