Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS - Die versengende hitte wat ons nou al vir weke na ons asems laat snak, kan lewensgevaarlik wees indien ons nie op die simptome let en ons daarop toespits om onsself te beveilig nie.
Wat is die verskil tussen hitte-uitputting en sonsteek?
Onbehandelde hitte-uitputting kan oorgaan in sonsteek, wat lewensgevaarlik kan wees en selfs tot die dood kan lei indien die nodige behandeling nie gou en doeltreffend toegepas word nie.
Simptome van hitte-uitputting is uitermatige sweet, verward, duiselig en asemloos en kan ook borspyn en krampe meebring. Jy voel swak en jou polsslag is vinnig, jy kan naar voel en selfs vomeer.

Die behandeling vir hitte-uitputting is om ‘n koel omgewing te kry en te rus. Drink koel water of ‘n rehidreringsmengsel. Om jou eie rehidreringsmengsel te maak, neem 1ℓ skoon drinkwater en meng ‘n ½ teelepel sout en 6 gelykvol teelepels suiker by. Roer tot opgelos.
Raak van onnodige klerasie ontslae en staan onder ‘n koue stort of spoel ‘n waslap onder koel water af en vee jouself af.
Kry onmiddellik mediese hulp indien jou temperatuur tot 40°C+ styg.
Simptome van sonsteek
Ondraaglike hoofpyn, gedisoriënteer, naar en vomering, bly dors, voel swak, spierkrampe, liggaamstemperatuur bo 40°C, geen sweet nie, al is dit ook versengend warm, vel kan rooi, warm en droog wees, vinnige en vlak asemhaling en self stuipe/konvulsies kan voorkom.
Die behandeling van sonsteek is om dadelik nooddienspersoneel te ontbied. Bly in ‘n koel plek en verwyder alle oortollige klere en spons af met water of staan onder ‘n koue stort.
Indien nooddienste nie vinnig opdaag nie, bel ‘n hospitaal of ‘n dokter wat jou onmiddellik met raad kan bystaan.
Bekamp só die risiko van hitte-uitputting en sonsteek
Bly uit die son wanneer die omgewingstemperatuur bo 40°C styg.
Moenie uitputtende werk of oefening doen nie en drink gereeld vloeistof om dehidrering te voorkom, veral sportdrankies met die nodige elektroliete.
Monitor die kleur van jou urine vir dehidrasie – indien dit donker is, is dit ‘n teken van dehidrasie.
Moet glad nie alkoholiese drank gebruik nie, aangesien dit dehidrasie bevorder.
Moet hitte-uitputting en sonsteek nie ligtelik opneem nie, jy kan sterf indien jy nie behoorlik voorsorg tref en regstellende behandeling toepas nie en soveel te meer indien jy aan ‘n chroniese siektetoestand ly.