Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – HARTBEESPOORT – By die Xanadu-landgoed in Hartbeespoort gaan dit goed, nadat die straatligte van 850 huishoudings herstel en aangeskakel is.
“Alhoewel die landgoed binne die Madibeng munisipale gebied val, is die spesifieke area by die Tswane-metro se kragnetwerk ingeskakel,” vertel Gullaume Clouston, VF Plus-raadslid in die Madibeng plaaslike munisipaliteit (Brits, Hartbeespoort en Mooinooi.).

“Dit het blykbaar gelei tot ‘n jarelange verwarring en toutrekkery oor watter munisipaliteit verantwoordelik is vir die instandhouding en herstel van straatligte in die woonbuurt. Agt honderd en vyftig huishoudings is hierdeur geraak.
“Selfs toe die landgoedbestuur aanbied om op eie koste die herstelwerk te doen, is hulle deur Tswane ingelig dat sulke optrede onwettig sou wees en is hulle verbied om daarmee voort te gaan en die plaaslike wyksraadslid kon die inwoners skynbaar ook nie bystaan nie.
“Die situasie is in Januarie onder die aandag van die VF Plus in Madibeng gebring waarna reëlings vir die herstel van die straatligte in samewerking met VF Plus-raadslede in Tswane getref is.
“Die VF Plus sal bly stry vir doeltreffende dienslewering en die uitskakeling van verlammende burokratiese rompslomp in munisipaliteite,” sluit Clouston af.