Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die minister van polisie, Bheki Cele het Dinsdag, 10 Oktober 2023, ‘n besoek aan Brits polisiestasie gebring om ‘n memorandum van die gemeenskap, onder leiding van Petrus Phakamile Sitho in ontvangs te neem met eise om die polisie se fokus en hulpmiddels regverdig, ook na plaasmoorde te skuif.
In antwoord daarop het Cele belowe dat hy binne sewe dae op die eise in die memorandum sal reageer.

Hy het beklemtoon dat die Nasionale Landelike Veiligheidstrategie by plattelandse polisiestasies aangespreek word en op ‘n daaglikse basis toegepas moet word. Hy het ook die boeregemeenskap en alle gemeenskappe gemaan om nie ongedokumenteerde persone op plase, besighede en in huishoudings in diens te neem nie, aangesien hulle net nodig het om na hulle lande van herkoms na ‘n misdaad te vlug en sodoende reg en geregtigheid te omseil.
Die minister het ook die GPF en sekuriteitfirmas bedank vir hul samewerking met die polisie, aangesien die SAPD met personeel tekorte en beskikbaarheid van die nodige hulpmiddels gebuk gaan.