Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Martin Lampbrecht, ‘n gr.6-leerling van Laerskool Brits, het gedurende die skoolvakansie kragtige redenaarstoesprake, as deel van ‘n ADHD en Outisme bewusmakingsveldtog, in die Paarl, Kaap gelewer. Oktober is ADHD-maand (Aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom) en Martin, wat self met ADHD gediagnoseer is, het verlede jaar besluit om te praat oor dié onderwerp wat hom na aan die hart lê en deur die loop van die jaar het hy die toespraak in redenaarsformaat by 24 kompetisies in Noordwes en in Gauteng gelewer.

Op hierdie manier kon hy daarin slaag om gehore van ADHD vanuit die leerling se perspektief bewus te maak.

Podiumpret, ’n Nasionale Sprekervaardighede- en Leeskompetisie, is jaarliks op die uitkyk vir sprekers wat uit hulle harte uit praat oor ’n onderwerp wat die gemeenskap raak. In Mei, tydens die eerste ronde van die kompetisie, het Carolina van der Westhuizen, eienaar van Podiumpret, na Martin se uitsonderlike aanbieding geluister en besluit om hom na die Nasionale finaal te nooi, waar hy van 26 September tot 30 September die Kaap aan die brand gepraat het. 
Hy het gedurende die tyd as Ysbrekerspreker by Laerskool Worcester-Noord se Kuns- en Kultuuraand opgetree, ‘n lewendige onderhoud op Radio Helderberg hanteer en die inligtingsaand oor ADHD en Outisme by Laerskool Paulus Joubert in die Paarl geopen. Tydens die inligtingsaand het nog ‘n Britsie, juffrou Jolani du Preez as spreker opgetree en die tema “Hoe help ek as juffrou ‘n maat met ADHD oorleef in “n skoolsisteem” aangespreek.
Martin het gedurende die week bewys as ‘n mens wéét dat jy ’n verskil maak, moet jy nie terugstaan nie - nog ‘n keer is nie een keer te veel om mense bewus te maak van kinders met ADHD se noodkreet om verstaan te word nie.
Buiten die talle toekennings wat Martin as redenaar en spreker gedurende die jaar ingepalm het, het hy sy Podiumpret Vlerke as ambassadeur vir ADHD ontvang. Martin is die jongste leerling tot dusver wat dié gesogte toekenning ontvang het. Hy het ook tweede in die nasionale kompetisie geëindig en tweede in sy graad as ervare spreker.
“Die lewe met ADHD is onbeperk as jy die geleenthede wat na jou kant toe kom met albei hande aangryp,” sê Martin.