Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Aan die stuur van sake by Die Hoërskool Wagpos is die nuwe skoolhoof, mnr Adriaan Joubert en volgens hom is dit ‘n groot eer om voort te bou op die #trotswagpos tradisie.
Hy het aan die Universiteit van Pretoria onderwys studeer en ook sy honneursgraad daar verwerf.
Sy bekroonde loopbaan het by Afrikaans Hoër Seunskool begin, waarna hy onder andere waarnemende hoof van ‘n skool buite Vaalwater en later hoof van Hoërskool Ellisras was.

Van die talle hoogtepunte gedurende sy loopbaan sluit in die toekenning as een van die Top 5 hoofde in die Waterberg Distrik, hy was lid van die uitvoerende komitee van die Suid-Afrikaanse Onderwysers Unie (SAOU) en het ook op die Provinsiale Raad van die Federation of Associations of Governing Bodies of South African Schools (FEDSAS) gedien.
Hy is passievol oor sport, kultuur, landbou en is ‘n leier met ‘n duidelike strategie en visie om leerlinge vir die toekoms toe te rus. ‘n Voorstaander van Christelike Afrikaanse onderwys.
Mnr Joubert glo aan ‘n holistiese benadering en soos Aristoteles in die Metafisika dit opgesom het: Die geheel is meer as die som van sy onderdele, so is dit sy strewe om elke individu by die skool ‘n platform te gee om deel van die geheel te wees.
Mnr Joubert is met Anri getroud en die egpaar spog met drie dogters en een seun en sy familie sluit eersdaags by hom hier in Brits aan.