Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – HARTBEESPOORT - Waterhiasint (Eichhornia crassipes) en gewone salvinia is albei indringerwaterplante, maar hulle verskil aansienlik in hul voorkoms, groeigewoontes en impak op water-ekosisteme.
Dié pes wat inheemse plante en vis op groot skaal beïnvloed en waterbronne selfs van suurstof beroof, bedreig nie net die ekologie nie, maar ook toerisme by Hartbeespoortdam.

Waterhiasint, een van die top tien mees verwoestende indringerplante ter wêreld, is groter, met dik, blink blare en treffende blomme, terwyl gewone salvinia kleiner is, met klein, ronderige harige blare en vegetatief met fragmente voortplant. Albei is indringers in Hartbeespoortdam.
Waterhiasint is omstreeks 1908 as ‘n sierplant aan Suid-Afrika bekendgestel, hoofsaaklik in die destydse Kaapprovinsie en Natal. Dit is toe verder versprei deur tuiniers, akwariumeienaars en bootryers. Hierdie indringerspesie het sedertdien ‘n groot omgewingsprobleem in Suid-Afrikaanse waterweë geword.
Waterhiasint teister Hartbeespoortdam al dekades lank en het teen die laat 1960’s ‘n probleem geword. Biologiese beheer het in die 1990’s begin, maar is belemmer deur onkruiddodergebruik (wat die insekte sowel as die hiasintplante wat hulle probeer eet, doodmaak). ’n Keerpunt het in 2019 gekom toe die Sentrum vir Biologiese Beheer ’nbaie effektiewe addisionele insek bekend gestel het - Megamelus, ’n plantspringer (soos ‘n baie klein sprinkaan.) Die waterhiasinte word grootskaals verswak en begin afsterwe voordat hulle kan begin blom en saadproduksie beperk.
Teen 2020 het Hartbeespoortdam aansienlik verbeter, met waterhiasintvlakke wat dramaties daal. Dit is ‘n direkte gevolg van die Megmelus springer en ander kewers en motte wat reeds in die negentigs vrygelaat is as ‘n samerwerkingooreenkoms tussen die verskillende staatsdepartmente (water en sanitasie, omgewingsake en werk vir water), die verskillende insekte op die Hartbeespoortdam, en ander damme en riviere landswyd vry te laat om die indringer uitheemse waterplant te help beheer. Die gevolg van grootskaalse hiasintplant keer verder ook nog dat sonlig die water binnedring en kan lei tot die dood van visse in die dam as gevolg van die gebrek aan suurstof vanweë die groot hoeveelheid plantmateriaal wat aanhoudend afsterf.
Vanjaar in Maart is ‘n nuwe biotipe kalander (weevil) of snuitinsek, die Florida-biotipe van ‘n soort kalander (Cyrtobagous salviniae), met ‘n grootte van slegs 1.5 tot 2mm vir die heel eerste keer in Suid-Afrika by Hartbeespoortdam vrygelaat, op ‘n mat van gewone salvinia op die Krokodilrivier, wat in Hartbeespoortdam invloei. Dié insekte is uit Suid-Amerika ingebring as deel van ‘n samewerkingooreenkoms tussen die Nasionale Navorsingstigting en Rhodes Universiteit.
Brits Pos het met Peet Venter, wetenskaplike bestuurder Noordwes van die departement van water en sanitasie Hartbeespoort gesels en hy het in leketaal verduidelik dat die toename in die verspreiding van die indringerplante ook seisoengebonde is en meestal in die winter oorneem as die kompetisie met hiasinte minder is.
“Met die warmer klimaat en reën in die lente, versnel die groei van die indringerplante en net soos met landbou, hoe meer reën val en toediening van bemesting, hoe geiler is die oes en met die riviere en spruite wat in die Hartbeespoortdam uitmond, kom met al voedingstof-verrykte waters, as gevolg van swak behandelde afvalwater van Johannesburg en Pretoria wat ‘n ‘vloeibare kunsmis’ van nitrate en fosfate aan die dam lewer, wat waterhiasinte en salvinia in staat stel om te floreer.
“Indien die rioolstortings en die behandelingswerke stroomop nie reggestel word nie, sal dit voortgaan. Al die voedingstowwe in die water, nitrate en fosfate, maak Hartbeespoortdam perfek vir waterhiasint en salvinia en ons sal net voortgaan om die simptoom te behandel.
“Sonskyn is ook belangrik vir die indringerplante om te floreer, derhalwe was die groei minder die afgelope somerseisoen, met meestal bewolkte dae wat die groei van dié indringerplante beperk het. 
“Die bruin plante wat nou op die damoppervlak gesien kan word, is die werk van die Cyrtobagous salviniae wat die onderkant van die blaar penetreer en die selle letterlik leeg suig en die plant verdor en vrek.
“Dis bemoedigend dat hierdie insekte wel in die wintermaande oorleef en in die lente, met die nuwe groei van die indringerplante, hulle vernietigende werk kan voortsit,” sluit Venter af.