Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – In minder as ‘n jaar het Lucky Monyai, van Oukasie homself as liggaamsbouer van formaat bewys en telkens goud met sy gebulte spiere gewen.
In Julie vanjaar het Lucky gekwalifiseer om Gauteng tydens die Suid-Afrikaanse Physical Challenge Association (PCA) se liggaamsbou-kampioenskappe op 23 September in Pretoria te verteenwoordig.
Hier het hy sy staal gewys en ‘n eerste plek in die afdeling - mans onder 90kg gewen en ook die titel as algehele wenner verower.

Met dié prestasie op sy kerfstok het hy gekwalifiseer om Suid-Afrika tyens die Wêreld PCA-kampioenskappe op 19 November in Spanje te verteenwoordig.
Onder leiding van Myles Nel, ‘n welstandskonsultant van Wellness World in Brits, oefen Lucky ses dae van die week en volg ‘n streng, gebalanseerde eetplan.
Volgens Myles is Lucky doelgerig en gemotiveerd om in die internasionale arena ook sy merk te maak en goud huis toe te bring.
“Ek bedank graag vir Frikkie Ströh van Sasol Brits 3 in Van Deventerstraat, Brits vir sy bystand en finansiële ondersteuning,” sê Lucky. “Hy het in my geglo en sonder hom sou ek nie my droom kon uitleef nie – baie dankie Frikkie.” (Foto’s verskaf)