Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Maak die beste van die laaste van die warmer dae voor die winter kom en geniet die blomme wat nog in jou tuin floreer.
Winter tuinmaak kan vir plantliefhebbers soos ‘n uitdagende taak lyk, met soveel raad en opinies wat die rondtes op die wye web doen. 
Tuinkenners het wyd en syd gaan soek, in die diepste loopgrawe gaan grou, om die antwoorde te soek op die mees algemene vrae wat almal al gevra het wanneer dit by tuinmaak in die kouer seisoen kom. 

*Dit is nie ‘n mite nie, maar ‘n feit dat mens in die winter in die oggend die tuin moet natmaak. Maak vroeg soggens nat om groei te stimuleer. Dit gee die grond kans om droog te word voordat die son later sak, en daarmee saam die temperatuur. Indien moontlik, spuit die grond nat, maar vermy die blare. Onthou om te kyk dat die grond wel uitdroog wanneer dit weer gewone tuin natmaak tyd is. Dit sal help om die risiko van swamsiektes en verrotting te verminder.
*Dis ‘n mite dat bemesting voor of gedurende winter onnodig is. Bemesting is eintlik ‘n belangrike stap in winter tuinmaak om plante gelukkig en gesond te hou gedurende die koue weer. Met bemesting sal jou tuin in die lente floreer. 
Vir die groentetuin is dit die moeite werd om voedingstofryke kompos en mis by die tuinbedding te voeg om plante ‘n broodnodige voedingstofhupstoot te gee.
*Dis ‘n mite dat die grasperk in die winter kort gesny moet word – dit sal nie die grasperk groen en welig hou nie. Hou die gras niks korter as 3cm nie. Om ‘n bietjie ekstra lengte te hê sal as ‘n laag isolasie vir die grasperk se wortels dien soos hulle groei en versprei gedurende die kouer maande van winter tuinmaak.
*Dis ‘n feit dat wortelgroente die beste in ‘n wintertuin doen. Wortelgroente soos wortels, beet en aartappels, sowel as blaargroente is almal uitstekende keuses vir die koue seisoen se groentetuin. Beide sal korter dagligure en koeler weer verdra. Die groot bonus van ‘n winter groentetuin is dat dit baie lae onderhoud benodig. 
*Dis ‘n feit dat plante steeds gedurende winter kan floreer. Net omdat dit winter is, beteken dit nie dat die tuin leeg, bruin en verlate sonder enige pragtige plante hoef te wees nie. Dit hoef ook nie onnatuurlik uitspattig te wees nie – selfs ‘n pot vol helder gesiggies kan die somberste omgewing opkikker. Met behoorlike sorg en navorsing is daar baie plante wat in koue weer kan floreer. ‘n Goeie keuse is asaleas, madeliefies, rose, gesiggies, tulpe en proteas. Aalwyne, kaktusse en vetplante maak ook uitstekende aksentplante en is beskikbaar in verskeie impakvolle skakerings.