Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – HARTBEESPOORT - Brits Pos het nou al in ‘n paar uitgawes die uitmergelende stryd tussen wildstropers en die paar grondeienaars in die brose Magaliesberg Biosfeer onder ons besorgde lesers se aandag gebring.
Te midde van hittegolftoestande en die daaglikse inspeksie van duur wildwerende omheinings, was die onaangename verrassing Maandag, 11 Maart, die ontdekking van ‘n pragtige rooibok wat ook tot ‘n grusame einde gekom het.
Weer ‘n keer is die opening in ‘n heining teen die suidelike hang van die Magaliesberg gemaak. Voor die stropers hulle buit kon kom haal, is die dooie bok gevind.

Voorlopige waarnemings dui daarop dat die gevaar van die westekant, dus vanaf die Skeerpoortomgewing met sy bevolkingsverdigting en mynbedrywighede, kom.
Soos met drie ander onlangse sake, is die vonds onder die aandag van die Veediefstaleenheid van die SAPD gebring. Die betrokke grondeienaars is egter besig om ‘n baie duur prys te betaal vir die behoud van ‘n ekologiese sisteem wat enig in sy soort is.”