Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

“Goed met God in beheer” BRITS POS – BRITS – Dié fyn mooi vrou vertel dat sy as 15-jarige, ‘n Royal Academy of Ballet-danser, atleet, rasieleier en skopbokser was, maar na medikasie wat klaarblyklik verkeerdelik deur ‘n dokter voorgeskryf is, het al die spiere in haar liggaam, met gepaardgaande ondraaglike pyn, in spasma gegaan en het sy uiteindelik in ‘n rolstoel beland.  
Sy kon nie praat nie en niks vir haarself doen nie.

Haar voete en linkerhand het 90 grade ingedraai. Geen dokter, spesialis of homeopaat kon haar siekte diagnoseer nie. Wilma, Melanie se ma het alles vir haar gedoen. Hoe sê jy vir jou kind dat sy moontlik nie lank meer het om te leef nie en dalk nie eens haar 16de verjaardag gaan vier nie? Melanie het van ‘n gesonde tiener in ’n 30kg, inmekaar-getrekte meisie in ’n rolstoel verander.
Sy wou opgee, maar het sterk daarvan bewus geword dat sy ‘n keuse het. Sy het ‘n intieme verhouding met die Here ervaar en met Hom aan haar sy, besluit om te veg. 
Die dokters het gedink sy sou nie weer loop nie, maar sy het, met die krag van Bo, hulle verkeerd bewys en met haar voete, wat heeltemal ingedraai was, op haar 21ste verjaardag weer begin loop nadat sy sewe jaar in ‘n rolstoel was.
“Die lewe is wat jy kies,” vertel Melanie wat as spraakterapeut aan die Universiteit van Pretoria gekwalifiseer het, maar haar tans uitleef om kinders in Brits met spraak en -taalstimulasie by te staan. Dan skryf Melanie ook nog aan haar outobiografie.
Maar die dapper, talentvolle vrou doen ook modelwerk en motiveringspraatjies. 
“Skoonheid lê nie in jou uiterlike nie, maar in jouself,” sê Melanie. “Dit is my passie om vir mense te vertel dat wonderwerke steeds gebeur en met jong meisies en vroue te werk, want ek sien daagliks hoe ons ‘n generasie vroue verloor as gevolg van die oorname van sosiale media waarin vroue as perfek uitgebeeld word.”
“Vroue moet geleer word om hulle waarde te besef en dat hulle ‘genoeg’ is, net soos hulle is,” sê die pragtige vrou na lankal meer as 30 operasies.
“Die lewe is wat jy kies,” benadruk Melanie, “met ‘n diepe begeerte om bruikbaar in Jesus se hande te wees.”
(Melanie is die dogter van Pastoor Jakes en Wilma Jacobs van Brits.)