BRITS POS – BRITS – Die Fees van DIE LIG, wat by Opkyk Pathways, ‘n nie-winsgewende maatskappy, op De Kroon, gehou is, was niks minder nie as ‘n skouspel van liggies, waar die Ware Geskenk van Kersfees, Jesus, verheerlik is en die gemeenskap die vreugde van Sy geboorte saam kon vier.
Verskeie kore en orkeste van laer- en hoërskole het vertonings gelewer en die wonderlike klank van Kersliedere het die atmosfeer met warmte gevul.
*Opkyk Pathways is ‘n stimulasie- en opvoedkundige sentrum, wat kinders met verskeie gestremdhede en spesiale opvoedkundige behoeftes akkommodeer. Om die volhoubaarheid van die sentrum te verseker, word daar ‘n beroep op besighede en individue gedoen om die sentrum met skenkings en donasies te ondersteun.
Vir meer inligting, skakel Drika Kruger by 082 356 4370 of die sentrum by 079 502 0801. Besoek gerus die webwerf by www.opkykpathways.co.za of maak ‘n direkte donasie: Bankbesonderhede: Rekening naam: Opkyk Pathways, Bank: Nedbank Brits Mall, Rekening nommer: 1876112565 en Takkode: 187505









