Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS - Met aanhoudende dreigemente aan verbruikers van Eskom af, is dit nou tyd om onafhanklik van Eskom te raak en self te sorg dat jy nóóit weer met die verskaffing van elektrisiteit van Eskom afhanklik gaan wees nie. Dis ‘n skande dat die voormalige Eskom, vroeër van die goedkoopste krag ter wêreld voorsien het en soveel krag voorsien het, dat dit selfs na sub-Sahara Afrika versprei is.

Eskom se dreigemente aan verbruikers
Verbruikers in beheer? Ja, met al die beurtkrag en elektrisiteitsprysstygings - is dit snaaks dat verbruikers wegstap? En dan moet huishoudelike sonkragstelsels teen fenominale kostes en verpligtinge geregistreer word en dalk is dié nutsmaatskappy se pogings dalk nie eens nodig nie, aldus die energiekenner Chris Yelland, omdat Eskom nie deur die Elektrisiteitsreguleringswet gemagtig is om huishoudings te druk om hul stelsels te registreer nie.
Hy het in ‘n onlangse onderhoud met SABC News verduidelik dat die registrasieproses, hoewel noodsaaklik, nie deur Eskom afgedwing kan word nie.
Dit kom terwyl Eskom ‘n veldtog voer wat huishoudings en besighede met netwerkgekoppelde sonkraginstallasies aanmoedig om hierdie stelsels te registreer en slimmeters te installeer. Dit sluit alle sonkraginstallasies in wat saam met Eskom se voorsieningnetwerk, selfs dié wat nie elektrisiteit terug na die netwerk uitvoer nie.
Volgens die kragverskaffer is dit om sonkraggebruikers en die nasionale netwerk te beskerm deur te verseker dat alle verbindings voldoen aan die NERSA-gestelde kodes, standaarde en riglyne.
Eskom waarsku Suid-Afrikaners, dat indien hulle installasies nie by die nutsmaatskappy geregistreer is nie, hulle die risiko loop dat dit as onwettig beskou kan word en dat kliënte boetes of moontlike afskakeling in die gesig staar. Interessant is dat die kostes, wat met registrasie van solarpanele gepaard gaan, tussen R20 000 en R50 000 kan beloop.
Om dit aan te spreek en opname te verhoog, voer Eskom nou ook ‘n konsessieveldtog uit, waardeur die nutsmaatskappy alle koste met betrekking tot die registrasie en regulering van slimmeterinstallasie kwytgeskeld het tot Maart vanjaar en moedig die publiek aan om tot dan hulle stelsels te registreer en slimmeters te installeer.
Energie-ontleder Chris Yelland sê sy hoofbekommernisse is selfs die die wettigheid van hierdie proses.
“Dit is nie ‘n kwessie van veiligheid nie, want Eskom is nie die veiligheidsreguleerder agter die meter op die kliënt se perseel nie,” verduidelik Yelland.
Yelland het ook Eskom se bewerings dat hul druk weens veiligheidsoorwegings is, afgeskiet en beweer dat die werklike rede vir die druk inkomste is.
Dit is onaanvaarbaar dat verbruikers wat oorskakel na solar, stelsels moet registreer en belas word, want die dilemma waarmee Eskom sit, is een wat hulle met swak dienslewering en aanhoudende beurtkrag, ‘n gat is wat hulleself gegrawe het. Moet ook nie Suid-Afrikaanse-verbruikers se intelligensie onderskat nie, dit kan Eskom duur te staan kom.