Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – In twee gru-botsings, verlede Woensdag en Vrydag is sewe mense noodlottig beseer en talle ernstig beseer.
Volgens die personeel en paramedici van Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) wat op beide die tonele, Woensdag 14 Februarie op die N4 Bakwena-hoofweg en Vrydagaand, 16 Februarie op die R511 Hennopsrivier-pad was, word die oorsaak van die ongelukke nog ondersoek. 

Woensdag se ongeluk op die Bakwena-hoofweg was tromop botsing tussen twee voertuie. HEMS se Station 21 Fire & Rescue-span het twee mense met hidroliese toerusting uit die wrak gesny.  Twee volwassenes en een minderjarige is op die toneel dood verklaar en vyf ander is na ‘n hospitaal in Brits vir verdere behandeling vervoer. 
Nog ‘n persoon is met aankoms by die hospitaal oorlede. Een persoon is met kritieke beserings later per lugambulans na ‘n ho
spitaal in Johannesburg vir spesialisbehandeling uitgevlieg.
In die onlgeluk Vrydag, 16 Februarie, op die Hennopsrivier-pad, was daar drie voertuie, ‘n motor, taxi en ‘n vragmotor betrokke. Verskeie mense het beserings opgedoen en is deur HEMS se paramedici op die toneel behandel. Twee volwassenes en een minderjarige kind is op die toneel dood verklaar.