Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Die departement van water en sanitasie in Hartbeespoort het bevestig dat verskeie sluise van die Hartbeespoortdam sedert Donderdag, 24 April daagliks, as gevolg van ‘n groot invloei, geopen is.
Donderdag om 14:00 was ses sluise op 300mm oop, uitvloei: 88 m³/s en invloei: 146 m³/s, omstreeks 17:50 is daar ‘n verdere twee sluise op 300mm oopgemaak met ‘n invloei van 124.2m³/s. 

Vrydag omstreeks 15:00 was Harties nog 101,11% vol en vyf sluise was steeds oop, uitvloei: 61.80m³/s. Maandag, 27 April was die dam 100.2% vol en die uitvloei: 60.46m³/s, maar teen Dinsdag was die dam 98.89% vol, met ‘n uitvloei van 58.98m³/s en invloei van 25.13m³/s.
Nog reën word vir Donderdag voorspel en volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens kan daar oor die algemeen sonskyndae verwag word.
Die departement van water en sanitasie in Hartbeespoort het Maandag, 28 April die volgende statistieke van damvlakke deurgegee:
Hartbeespoort    100,2%
Buffelspoort    101,2%
Bospoort    103,4%
Lindleyspoort    101,0%
Roodeplaat    100,9%
Koster    100,8%
Klipvoor    106,2
Swartruggens    105,1%
Roodekopjes    90,5%
Marico-Bosveld     102,0%
Klein Maricopoort    102,6%
Kromellenboog    101,2%
Molatedi    111,7%
Sehujwane    101,1%
Madikwe    95,3%
Pella    72,1%