Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS - Dr. Pieter Groenewald, die leier van die VF Plus, het Brits op Donderdag, 21 September besoek waar hy dié aand ‘n openbare vergadering by Thatch Haven Lodge toegespreek het.
In sy toespraak het dr. Groenewald die belangrikheid om as kiesers te registreer vir die 2024-verkiesing, sterk beklemtoon. Suid-Afrikaners moet in die grootste moontlike getalle gaan stem om ‘n einde aan die verval onder ANC-bewind te bring.

Hy het verder gemeld dat die VF Plus vir maande reeds ‘n leidende rol gespeel het in koalisie-gesprekke met ander partye, wat gelei het tot die totstandkoming van die Veelpartyhandves vir Suid-Afrika.
Die leiers van die partye het ooreengekom op ‘n stel kernprioriteite wat nodig is om die land weer op te hef. Dit wissel van markgedrewe ekonomiese groei om werk te skep, die herstel van reg en orde om misdaad en korrupsie te beveg, energiesekerheid, die uitwissing van kaderontplooiing om dienslewering in die staatsdiens te herstel, en die daarstel van gehalteonderwys. 
Hy het egter die versekering gegee dat die VF Plus nie sy kernwaardes en identiteit in die proses prysgee nie. Die party sal bly stry vir selfbeskikking en die beskerming van minderheidsregte soos moedertaalonderrig, en die erkenning van kulturele regte. Dit sluit die afwenteling van magte om gemeenskappe te bemagtig in. In hierdie verband het dr. Groenewald klem gelê op die noodsaaklikheid en sukses van gemeenskapsinisiatiewe soos veiligheidstrukture om gemeenskappe teen misdaad te beskerm. Hy het gesê dat sulke strukture ‘n onontbeerlike rol speel en dat daar nie net op die polisie staatgemaak kan word om misdaad soos plaasmoorde en huisrowe te beveg nie. 
In antwoord op ‘n vraag van die Brits Boerevereniging het dr. Groenewald ook gemeld dat die party sterk kapsie gemaak het teen die skrapping van die sektorale minimumloonvasstelling vir die landbousektor. Hierdie skrapping bring nou mee dat boere ook onderworpe is aan die nasionale minimumloon. 
Dit plaas ‘n verdere las op boere in ‘n reeds moeilike boerdery-omgewing, en is weer ‘n bewys dat die ANC-regering nie omgee vir boere nie, en nie begrip het oor die omvang van die uitdagings wat die landbousektor moet trotseer nie.
Hy het afgesluit deur ‘n boodskap van hoop te bring. 
Hy het beklemtoon dat ons in ons Christenskap altyd hoop het, en het almal gemotiveer om mense te oorreed om te te gaan stem om ‘n nuwe, voorspoedige toekoms te skep.