Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS - Die AfriForum-tak in Brits het op 22 September agt bome by Laerskool Olienpark geplant ter bewusmaking van Boomplantmaand. 
Elke graad, asook die onderwysers, het die geleentheid gehad om saam ’n boom te plant. Daar is vier olienhoutbome, twee vaderlandswilgerbome en twee wildepruimbome aangeplant.

“Boomplantdag is belangrik omdat dit bewustheid skep oor die kritieke rol wat bome in die ekosisteem speel deur suurstof te produseer, koolstofdioksied te absorbeer en biodiversiteit te ondersteun. Dit bied ook ’n geleentheid vir gemeenskappe om saam te kom en ’n positiewe impak op die omgewing te maak deur bome te plant, wat ’n langtermyn-erfenis van skoonheid en hulpbronbeskerming skep,” sê Stephan Roos, voorsitter van AfriForum se Brits-tak.