Laerskool Brits se gholfspan, Ruvan Bosch, Merton Jacobs, Johan Steyn (bestuurder), MJ Steyn en Handre Bosch, het die voorreg gehad om die skool en Noordwes by die Nasionale Ernie Els gholf-toernooi te verteenwoordig. Die toernooi het by Rondebosch Gholfklub, in Kaapstad, plaasgevind en 14 top gholfskole in die land het hieraan deelgeneem.
Die toernooi het ongelukkig uitgereën nadat die spanne net nege gaatjies gespeel het, maar Laerskool Brits het op daardie stadium algeheel 3de op die punteleer gelê.