Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS - Die Hervormde Gemeente Hartebeestpoort het verlede Saterdag die spreekwoordelike haas uit die hoed getrek en ’n uiters suksesvolle fietswedren, die C2U Bosveld MTB Challenge by die Brits Vliegklub in Rashoop aangebied.
Cycling South Africa (CSA) het dit as ‘n gruispad-wedren geklassifiseer en die roete het ook die sanderige Dikholo-pad ingesluit en ’n paar spruitdeurgange langs die kanaalroete.  

Die Britsies is trots om te kan sê dat Reynard Janse van Rensburg (6 x Tour de France-fietsryer en voormalige wenner van die Cape Cycling Tour, Jan Withaar en talle professionele fietsryers ook deelgeneem het.
Die wenner was Jan Withaar, met Reynard Janse van Rensburg tweede en Jaco van Dyk derde. 
Ongeveer 380 fietsryers het deelgeneem waarvan ten minste ‘n derde vroue was.
Die afstande waarvoor ingeskryf kon word, was ‘n 4km, 8km vir kinders, 36km, 92km en 156km.
Twee broers, Luca en Llewellyn Otto het óók die wedren aangedurf. 
Hulle het albei die 36km-afstand aangedurf wat klaarblyklik meer geskik vir hoërskool- en volwasse deelnemers is.
Llewellyn, ‘n gr.5-leerling van Laerskool Brits, was die jongste deelnemer en het besluit om nie terug te staan nie. Met spesiale toestemming van sy ouers het hy die uitmergelende roete aangedurf en suksesvol voltooi. Luca, ‘n gr.8-leerling van Hoërskool Brits, het dié 36km in 1uur en 28min voltooi.
Geluk aan al die deelnemers en hopelik sal dié gesogte fietswedren van krag tot krag gaan. (Foto’s: verskaf)