Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Twee van Champion Swemklub se swemmers, Luca Otto en Joha Bezuidenhout het met groot sukses aan die Suid-Afrikaanse Vlak 3 Streeks-kampioenskappe in Germiston deelgeneem.
Die swemmers word deur Yvonne Victor afgerig en volgens haar was dit alreeds ‘n baie groot prestasie om vir die reuse gala te kon kwalifiseer.
‘n Totaal van 780 swemmers van regoor Suid-Afrika asook vanaf die buiteland het hieraan deelgeneem.

“Dié kampioenskap se standaard is wêreldklas en die kompetisie tussen die swemmers uiters mededingend,” sê Yvonne.
Luca (12) het vier medaljes verower: Goud in 100m Vryslag (verbeter met 4sek en is ‘n Suid-Afrikaanse Nasionale Junior kwalifiserende tyd), goud in 200m Vryslag (verbeter met 5sek), silwer in 50m Vryslag (verbeter met 1sek) en brons in 50m Borsslag (verbeter met 1sek). Luca het ook ‘n 4de plek in die 100m Borsslag (verbeter met 2sek en ‘n Suid-Afrikaanse Nasionale Junior kwalifiserende tyd), ‘4de plek in die 200m Borsslag (verbeter met 5sek en ‘n Suid-Afrikaanse Nasionale Junior kwalifiserende tyd), 5de plek met 400m Vryslag (verbeter met 10sek) en ‘n 6de plek in 50m Vlinderslag (verbeter met 2sek).
Met die kits puik prestasies is Luca vir die Suid-Afrikaanse skoleswemspan gekies en is tans hard besig met voorbereiding vir die SA Skole Kampioenskappe wat in Gqeberha (Port Elizabeth) vanaf 17 tot 22 April plaasvind. 
Joha (13) het ook sy staal tydens die kampioenskappe gewys. Hy het in drie items SA Vlak 3 kwalifiserende tye geswem, met twee finale en ‘n eerste reserwe plek. 
Joha se uitslae is: 100m Borsslag (verbeter met 7sek en ‘n Vlak 3 kwalifiserende tyd), 100m Rugslag (verbeter met 2sek en Vlak 3 kwalifiserende tyd), 200m Rugslag (1ste reserwe), 200m Borsslag (Vlak 3 kwalifiserende tyd) en 50m Vryslag (verbeter 3sek).