Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Met so ‘n sterk pa én soepel ma, het Deon Fourie, Springbokhaker en spanmaat van die Springbokke van die pasafgelope Rugby Wêreldbeker in Frankryk en wenners van die Webb Ellis-trofee, beslis wengene. En wie moet ons bedank? 
Sy ouers, Deon sr, ‘n oud-rugbyspeler en Jeanette, ‘n gimnastiekafrigter by Brits Gimnastiekklub wat in Hartbeespoort woon.

Deon is getroud met Jean-Marie en hulle het twee kinders, Jamie (5) en Brinley (2) en wanneer rugby die tyd toelaat, gaan Deon se ouers graag Kaap toe om by hulle te kuier. 
Die Fouries is ‘n sporttiewe familie en Deon se susters, Jeani rig gimnastiek af, Lizanda Kruger het Noord-Transvaal-korfbalkleure verwerf en Louise Meyer het Noord-Transvaalse kleure vir hekkies verwerf. Deon het ook drie keer die Suid-Afrikaanse Gimnastiekkampioenskappe gewen
Deon is talle kere al oor die hoof gesien vir ‘n plek in rugbyspanne, want hy is 1,77m lank en weeg 100kg, máár die keurders het beslis nie geweet van die klein botteltjie met die gróót gif nie. Hy het hom egter nie laat onderkry nie en het vir sewe jaar Franse klubrugby gespeel vir Lyon en Grenoble voordat die Stormers hom opgeroep het en onder sy aanvoering het Deon hulle tot ‘n Curriebeker-oorwinnning gelei en groot was die vreugde toe hy vir die Springbokspan gekies is.
Jeanette, wat reeds 30 jaar gimnastiek afrig, vertel hoe sy Deon as junior al saam met senior gimnaste vroegoggend laat oefen het en dan was dit huis toe om te stort, dan skool toe en smiddags weer sport.
“Op 16-jarige ouderdom moes Deon besluit op watter sportsoort, rugby of gimnastiek hy gaan fokus,” vertel Jeanette, “en rugby het gewen!” Maar al is sy hoe trots, bly sy Ma en bekommerd dat haar kind beserings kan opdoen, veral omdat hy so onverskrokke teen manne wat 50kg en meer as hy weeg, sy man behoorlik kan staan.
Deon Fourie, jou naam is GROOT in die rugbypubliek se harte geskryf en jy maak ons trots. (Foto’s verskaf)