Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Laerskool Brits se gholfspelers het hulself uitstekend van hul taak tydens die onlangse Noordwes Interskole Gholf-kompetisie by Peacanwood Gholflandgoed gekwyt.
Die skool se twee seunspanne het onderskeidelik die A- en B-liga gewen. Die dogters het algeheel die derde plek geneem.

Die kompetisie was baie mededingend, aangesien al die ligawenners van skole in Noordwes aan die toernooi deelgeneem het. Die Noordwes-streke wat teenwoordig was, is Brits Sirkel, Rustenburg, Potchefstroom, KOSH, Westelikes en Sentraal.  Die Britsies het teen die laerskole Generaal Hendrik Schoeman, Saamtrek, Rustenburg, Vastrap, Mooirivier,
 La Hoff, Lichtenburg, Wolmaranstad, Protea Park en Zeerust te staan gekom.