Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Vir die tweede agtereenvolgende jaar was Brits Jukskeiklub die gasheer van die Chris Behr Jukskei-toernooi.
Die toernooi was ‘n reuse sukses en het Saterdag, 12 April op Brits se jukskeiklub se bane plaasgevind.

Die 32 spelers van agt klubs van Gauteng en Noordwes het hulle vernuf met die skeie kom wys. Onder die spelers was verskeie liga- en nasionale spelers. Die span van Magalies Jukskeiklub in Pretoria het met die louere as wenners weggestap, Monumentklub van Krugersdorp was naaswenners en Spantouklub, van Sedibeng was in die derde plek. Na afloop van die prysuitdeling, het die spelers en besoekers gesellig saam gekuier en aan ‘n heerlike ete gesmul. Almal was dit eens dat dit ‘n baie aangename dag was en dat hulle die verrigtinge terdeë geniet het.
Volgens die bestuur van Brits Jukskeiklub, het hulle baie positiewe terugvoering ontvang en hulle sal in die toekoms beslis weer as gasheer optree. Die organiseerders bedank graag al die borge en elkeen wat tot die sukses van die dag bygedra het. Vir meer inligting oor Brits Jukskeiklub, skakel Linda van Niekerk by 082 448 0538.