Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Kofukan Suid-Afrika se lede het die jaar se verrigtinge op ‘n hoë noot tydens die jaarlikse gradering en toekenningsgeleentheid afgesluit.
27 van die klub se lede het aan die gasshuku (oefensessie) deelgeneem en 23 lede het suksesvol, na hul volgende gordel gegradeer.

Volgens die woordvoerder van die klub, Marlene Visagie, was dit die eerste jaar wat daar ‘n gekombineerde prysuitdeling vir Kofukan Suid-Afrika gehou is, met nege verskillende afdelingwenners. Dit is ‘n spoggeleentheid waartydens die prestasies en vordering van elke lid gevier is.
“Ons kan met trots terugkyk op ‘n baie suksesvolle jaar met deelname aan byeenkomste - provinsiaal, nasionaal en ook internasionaal met veral die toer na Slovenië,” sê Marlene. “Baie dankie aan elkeen vir harde werk en toewyding.”
Karateklasse gaan vir die res van die jaar by Stokkiesdraai Sentrum voort en belangstellendes is welkom om vir Sensei Vernon Visagie (hoofinstrukteur Kofukan Noord-Wes) by 082 954 7853 te skakel. (Foto’s verskaf)