Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – “Om fiets te ry is my beter-voel-pil,” sê Kris van Straaten (45), ‘n passievolle fietsryer wat so pas as die Suid-Afrikaanse padfiets-kampioen gekroon is.
Tydens dié kampioenskappe, wat in Suikerbosrand Natuurreservaat in Gauteng plaasgevind het, het Kris die Noordwesprovinsie verteenwoordig. Hy het in die afdeling vir veterane (40 tot 45 jaar) teen meer as 80 van die land se beste padfietsryers meegeding.

Op 1 Februarie, het Kris aan die tydtoets deelgeneem. Hy het teen ‘n gemiddelde spoed van 46km per uur die afstand van 33km voltooi en ‘n silwer medalje verwerf.
Op 3 Februarie het hy die pad-resies van 141km op ‘n strawwe roete deur die reservaat gery en die speke behoorlik laat sing. Kris voltooi die afstand in ‘n tyd van drie ure en 40 minute en word so as die nuwe Suid-Afrikaanse padfiets-kampioen gekroon.
Kris het aan Brits Pos gesê dat dit vir hom ‘n groot eer is, maar dat hy werklik baie hard hiervoor gewerk het.
Hy is lid van Hartbeespoort Fietsryklub en onder afrigting van Leon Prinsloo, wat ‘n wetenskaplike benadering in Kris se oefenprogram toepas en daar word op sy sterk punte gefokus. 
Wat sy oefenprogram betref spandeer hy ongeveer 85 uur per maand op die pad en probeer sover moontlik ‘n gesonde en gebalanseerde dieet te volg.
“Ek het in 2016 ernstig begin oefen en het verskeie kere op die podium gaan kuier, maar die goue medalje was beslis die kroon op jare se harde werk,” sê Kris. 
Hy is reeds besig met voorbereidings vir die Wêreld Padfiets-kampioenskappe wat later vanjaar in Zürich, Switserland gaan plaasvind.