Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Nordiese stap, is ‘n gonswoord as dit by oefening kom, aangesien dié staptegniek, met behulp van stokke, 90% van jou spiere gebruik, 45% meer kalorieë as gewone stap verbrand en 30% minder impak op jou gewrigte het.
Wetenskaplike studies wys dat Nordiese stap ’n positiewe impak op mense kan hê wat aan Parkinson- en Alzheimersiekte asook artritis ly - bloedsirkulasie in die brein verhoog radikaal tydens Nordiese stap en kan breinfunksie verbeter. 

Ook kan dit hartgesondheid positief beïnvloed.
“Nordiese stap is nog nie baie bekend in Suid-Afrika nie, maar dis wel ‘n sport wat jy kan oorweeg vir uitstekende gesondheid,” sê Lohra de Waal, ‘n internasionaal erkende Nordiese stap-instrukteur wat onlangs op De Wildt, Noordwes, ‘n kursus in dié unieke manier van stap aangebied het. Lohra is passievol oor Nordiese stap en met haar professionele opleiding as instrukteur in Slowenië en Kroasië, is dit haar missie om regoor Suid-Afrika mense bewus te maak en ‘n liefde vir dié sport te kweek. Sy het in 2022 aan die Nordiese Wêreldbeker-kampioenskap in Szklarska Poręba, Pole deelgeneem en sê dit was ‘n voorreg om Suid-Afrika daar te kon verteenwoordig. ’n Nordiese stapper sal jou aan ‘n langafstandskiër (cross country) sonder ski’s laat dink. 
“Dit was juis die Finse skiërs wat vanaf 1930, gedurende die somermaande met hulle ski-stokke begin oefen het, wat die sportsoort begin het,” sê Lohra. “Wanneer die stokke korrek gebruik word, help dit om ‘n mens regop te laat loop, wat postuur verbeter. 
Dit verlig druk op die gewrigte omdat ‘n deel van die liggaamsgewig na die stapstokke oorgedra kan word.” 
“Daar ‘n letterlik honderd en tien redes hoekom mense Nordiese stap moet beoefen, maar een wat uitstaan, is Suid-Afrika se pragtige landskap, van die kus tot in die berge, ons land is perfek vir Nordiese stap.” Sy vertel tong-in-die-kies dat die stokke veeldoelig kan wees, aangesien die vibrasie wat dit afgee, wanneer daarmee gestap word, slange kan weghou.  “Dit is ‘n uitstekende afskrikmiddel - in die regte hande, kan so ‘n stok nogal ‘n deeglike pak slae uitdeel. Vir meer inligting oor Nordiese stap en waar in jou omgewing jy deel van die stappers kan word, skakel Lohra de Waal by 082 579 1631, stuur ‘n epos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of besoek die webwerf www.southpole.co.za