Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Die jaarlikse Suid-Afrikaanse Gestremde Veerpyltjie-kampioenskappe het 4 September in Germiston plaasgevind en die Britsie, Normie Eckard, het sy SA enkelstitel van 2022 met sukses verdedig.
Na onverbeterlike spel is hy vir die tweede agtereenvolgende jaar as SA enkelskampioen gekroon. As ‘n bonus het hy ook die Speler van die Toernooi-toekenning huis toe gebring.
Volgens Normie is daar in die spel van gestremde veerpyltjies, twee hoofafdelings waarin gekompeteer word: staande (mense met fisiese asook sig gestremdheid) en die in rolstoele.

In elke afdeling is daar drie onderafdelings waarin spelers kan kompeteer - dit sluit in die spanafdeling waar daar vier spelers in ‘n span is, in dubbels asook die enkels.
Normie het in die rolstoelafdeling goue medaljes in al drie die onderafdelings (enkels, span en dubbels) verower.
Ná die skitterende prestasie is hy genooi om aan die World Masters Darts-kampioenskap in Engeland gedurende Desember deel te neem.
Maar, voor hy sy staal in Engeland gaan wys, vertrek hy en sy spanlede op 8 Oktober na Duitsland om Suid-Afrika tydens die 2023 Veerpyltjie Wêreldbeker, aangebied deur die World Disabled Darts Association (WDDA), te verteenwoordig.
“Dis vir my ‘n groot eer om Suid-Afrika tydens die veerpyltjie Wêreldbeker te verteenwoordig – dit in dieselfde jaar as die rugbywêreldbeker,” sê Normie. 
“Elke veerpyltjiespeler het ‘n bynaam, myne is The Springbok. Ek het altyd geglo dat ek ‘n professionele rugbyspeler sou word en die groen en goud sou dra, maar na my motorongeluk het ek gedink dat die droom verby is. My kompeterende sportmangees kon egter nie gebreek word nie, want ek glo, Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. Alle eer aan God vir my karakter, talent asook die geleenthede wat Hy my bied,” sê Normie.