BRITS POS – BRITS – Die junior ringbalspelers (o.13) van die Noordwes-Oos (NWO)-span het tydens die Ringbal Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskappe, wat onlangs op Korfbal Park in Pretoria gehou is, hulle talente behoorlik tentoongestel en algeheel vierde geëindig.
Brits Ringbalklub is deel van die NWO-distrik, wat uit klubs van Krokodrildrift-Wes, Hartbeespoort, Rustenburg, Ooseinde, Rhinos van Sataria en Mooinooi bestaan.
Die spelers wat na afloop van die kampioenskappe vir die onderskeie Ringbal Suid-Afrika (RSA)-spanne gekies is, is: Ewan Krämer (Ringbal SA-span), Caleb van As (Ringbal SA-span), Henray Botha (RSA Uitnodiging-span), Sjandre Stiglingh (RSA Uitnodiging-span) en Marco Saaiman (RSA Uitnodiging-span). (Foto: verskaf)