Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Lede van Brits Rolbalklub het in Desember, tydens die jaarlikse prysuitdelingsfunksie, erkenning vir hul prestasie gedurende die jaar gekry.
Volgens die bestuur van die klub was 2023 ‘n uitstekende jaar, aangesien die ledetal van 39 na 50 lede gegroei het.
Die president van die klub, Lappies Labuschagne, wens al die spelers hartlik geluk met hul prestasies.

“Ons lede is slaggereed om 2024 met ywer aan te pak en nooi nuwe lede en ander belangstellendes om saam te kom oefen en by die klub aan te sluit,” sê Labuschagne.
Oefentye is Dinsdae om 09:00 en wedstryde word Donderdae om 09:00 en Saterdae om 14:00 gespeel. Vir navrae, skakel Marié van Niekerk by 082 496 7216.